Teacher reflections


Hi Maggie,

Hier is terugvoer oor ons entrepeneursdag. Dit was ‘n reuse sukses. 61 Stalletjies het hulle ware uitgestal. Nie een van die stalletjies het dieselfde produkte gehad nie. Al 210 leerders het deelgeneem aan hierdie dag. Voor die tyd moes hulle ‘n sakeplan, ‘n begroting en die gr. 11 ‘n gelykbreekgrafiek inhandig. Op die dag self is die stalletjies beoordeel vir die een wat die meeste aandag trek die oulikeste idee ens. Dit was ongelooflik met hoeveel entoesiasme die leerders gewerk het. Hulle moes R50 vir ‘n staanplek betaal en alle winste wat gemaak is was vir hulle eie sakke. Ek kan waarborg dat daar leerders is wat baie geld gemaak het. Dit sal ons eers na die vakansie weet, want dan moet hulle hulle wins en verlies persentasie gewys uitwerk. Die taak tel 100.

Saam met die vlooimark het ons ook ‘n amazing race gehad wat uit 5 punte bestaan het. 32 spanne het op die ou end deel geneem en ons het selfs twee onderwysers spanne ingeskryf. Die punte was ‘n eettafel met van alles wat in 10 minute geëet moes word, n puzzel wat geblindoek voltooi moes word met die res van die span wat raad gee, ‘n tent wat gebou en weer afgebreek moes word, ‘n sudoku wat binne 10 minute voltooi moes word en ‘n hinderbaan waar sekere “clues” opgelos moes word.

Dit was ‘n wonderlike, pragtige sonskyn dag en ALMAL onderwysers ingesluit en hulle gate uit geniet.

Voorwaar ‘n pluimpie vir alle wiskundige geletterdheids leerders en ek is baie trots op hulle

Irene

Hallo,

Wiskundige Geletterdheid is ‘n wonderlike vak en moes verpligtend vir elke leerder op skool gewees het. Ek het op die oomblik 120 graad 10 en 110 graad 11 leerders wat WG neem en hulle geniet die vak baie. Die boeke wat ek op die oomblik gebruik is Oxford se Suksesvolle Wiskundige Geletterdheid. Ek gebruik egter enige boek of koerant of advertensie wat ek in die hande kan kry.

Die vak moet lewendig en met passie aangebied word anders kan die leerders gou verveeld raak. Een van my meer suksesvolle projekte was die bou van ‘n ark (soos in die Bybel). Die leerders moet dit op skaal teken en dan bou en soos verwag het ek van duikbote tot vragskepe en van boksies tot meesterlike arke gekry. Ons het talle foto’s daarvan geneem omdat die leersders ‘n vooropgesette idee gehad het van hoe ‘n ark moet lyk en hulle het NOOIT GELEES wat die mate werklik was nie.

Ek persoonlik voel net dat daar nog te min leestof oor die vak is en dat baie van die uitdink van take, projekte, toetse, ens. by die onderwyser se kreatiwiteit moet lê, en dit raak soms uitgeput by my.

Graag hoor ek van ander onderwysers en wat hulle doen.

Gegroet

Irene V

Ek plaas ‘n foto van ‘n paar arke wat ek ontvang het.

Ons nuwe projek vir die dag wat die skool sluit 21 September, is ‘n entrepeneursdag met ‘n “Amasing Race” gekombineer. Alle graad 10 en 11 Wisk. Gelet. leerders moet deelneem. Hulle mag tot in groepe van 6 deelneem en elkeen moet ‘n sakeplan, begroting en wins en verlies verslag inhandig. Hierdie projek sal deurmiddel van ‘n rubriek gemerk word en sal ‘n totaal van 100 punte tel. Alle wins wat egter op hierdie dag gemaak word, is vir die leerders self. Ons hoop dat dit ‘n groot sukses sal wees.

Beste

Irene V